SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

KAROO AVONTURE REEKS

Die Lang Henning reeks is bedoel vir ouer kinders en gaan oor Lang Henning en sy vriend Boet.  Dit speel af in die Groot Karoo gedurende die 1870’s, waar die twee rondswerf en allerhande interessante avonture beleef.

Lang Henning is 28 jaar oud en het ’n onbekende en geheimsinnige verlede.  Boet is ’n vyftienjarige Basterseun en grootgemaak by ’n sendingstasie, op die werf van kaptein Jesaja.  Lang Henning se karakter is dwarsdeur konstant, maar Boet groei en ontwikkel gaandeweg van jong seun tot man.  Die twee se nemesis is Abbot, ’n skurk van aansien, wat in verskeie titels ’n rol speel.  Hy word wel elke keer vasgetrek, maar daag dan weer elders op onder ’n ander skuilnaam.  Hoewel weggeskram word van uitgesproke geweld, moet aanvaar word dat die Karoo in daardie tyd ’n gevaarlike plek was en dit word weerspieël in vuisgevegte en ’n geskietery af en toe.  Die hoofkarakters se gedrag is egter deurentyd onberispelik en hoewel dit lyk asof Henning ’n dobbelprobleem het, word dit net enkel in konteks gebruik.  Hy rook of drink nie en is duidelik heteroseksueel, sonder dat seks ooit gemeld word.  Die taal is skoon en slegs sosiaal-aanvaarbare kragwoorde word gebruik, indien nodig.  Die agtergrond is kultureel-Afrikaans.  Behalwe in Die Toekomsmense, waar die spot gedryf word met hedendaagse spraakgewoontes, is die taal suiwer Afrikaans en bring ek ou woorde, uitdrukkings en gebruike terloops in, sodat dit nie verlore gaan nie.  Oor die algemeen egter is die skryftrant los en gemaklik en geensins pedanties nie.

Elke boek bestaan uit min of meer 28 000 woorde, opgedeel in 14 hoofstukke van 2 000 woorde elk.  Die historiese gegewens is deeglik nagevors en na my wete korrek, hoewel die karakters fiktief is, (Mary Sadler).

1. Lang Henning en die moordplaas - Mary Sadler (2005).jpg2. Lang Henning en die rebelle - Mary Sadler (2005).jpg
1. Lang Henning en die moordplaas - Mary Sadler (2005) 2. Lang Henning en die rebelle - Mary Sadler (2008)

3. Lang Henning en die poskoetsrowers - Mary Sadler (2009).jpg 4. Lang Henning en die oujongnooi - Mary Sadler (2009).jpg
3. Lang Henning en die poskoetsrowers - Mary Sadler (2009) 4. Lang Henning en die oujongnooi - Mary Sadler (2009)

5. Lang Henning en die Spookruiter - Mary Sadler (2009) 6. Lang Henning en die Toekomsmense - Mary Sadler (2009)
5. Lang Henning en die Spookruiter - Mary Sadler (2009) 6. Lang Henning en die Toekomsmense - Mary Sadler (2009)

7. Lang Henning en die Skaapdiewe - Mary Sadler (2010)8. Lang Henning - Boet-Alleen - Mary Sadler (2010)
7. Lang Henning en die Skaapdiewe - Mary Sadler (2010) 8. Lang Henning - Boet-Alleen - Mary Sadler (2010)

9. Lang Henning en die Nuwejaarsvoël - Mary Sadler (2010) 10. Lang Henning en die Perdesmous - Mary Sadler (2010)
9. Lang Henning en die Nuwejaarsvoël - Mary Sadler (2010) 10. Lang Henning en die Perdesmous - Mary Sadler (2010)

11. Lang Henning - Kersfees in die Kaap - Mary Sadler (2011) 12. Lang Henning en die Bruidskat - Mary Sadler (2011)
11. Lang Henning - Kersfees in die Kaap - Mary Sadler (2011) 12. Lang Henning en die Bruidskat - Mary Sadler (2011)

13. Lang Henning en die Sirkus - Mary Sadler (2012) 14. Lang Henning en die Diamantsmokkelaars - Mary Sadler
13. Lang Henning en die Sirkus - Mary Sadler (2012) 14. Lang Henning en die Diamantsmokkelaars - Mary Sadler

Copyright © 2019 by Pieter Haasbroek. All rights reserved.
Last updated: 9 November 2019